King James Version
AFR DVK
1
And after these things I heard a great voice of much people in heaven, saying, Alleluia; Salvation, and glory, and honour, and power, unto the Lord our God:
En ná hierdie dinge het ek ’n groot stem van baie mense in die hemel gehoor, sê, Halleluja; Heil, en heerlikheid, en eer, en mag, aan die Here onse God:
2
For true and righteous [are] his judgments: for he hath judged the great whore, which did corrupt the earth with her fornication, and hath avenged the blood of his servants at her hand.
Want waaragtig en regverdig is sy oordele: want Hy het die groot hoer geoordeel, wat die aarde met haar hoerery verdorwe het, en het die bloed van sy dienaars uit haar hand gewreek.
3
And again they said, Alleluia. And her smoke rose up for ever and ever.
En weer het hulle gesê, Halleluja. En haar rook gaan op tot in ewigheid.
4
And the four and twenty elders and the four beasts fell down and worshipped God that sat on the throne, saying, Amen; Alleluia.
En die vier en twintig ouderlinge en die vier diere het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, sê, Amen; Halleluja.
5
And a voice came out of the throne, saying, Praise our God, all ye his servants, and ye that fear him, both small and great.
En ’n stem het uit die troon uitgegaan, sê, Prys onse God, al julle sy dienaars, en julle wat Hom vrees, beide klein en groot.
6
And I heard as it were the voice of a great multitude, and as the voice of many waters, and as the voice of mighty thunderings, saying, Alleluia: for the Lord God omnipotent reigneth.
En ek het gehoor soos die stem van ’n groot menigte, en soos die stem van baie waters, en soos die stem van magtige donderslae, sê, Halleluja: want die Here God almagtig heers.
7
Let us be glad and rejoice, and give honour to him: for the marriage of the Lamb is come, and his wife hath made herself ready.
Laat ons bly wees en verbly, en Hom die eer gee: want die huwelik van die Lam is gekom, en sy vrou het haarself berei.
8
And to her was granted that she should be arrayed in fine linen, clean and white: for the fine linen is the righteousness of saints.
En aan haar is gegee dat sy beklee sou word met fyn linne, rein en wit: want die fyn linne is die geregtigheid van die heiliges.
9
And he saith unto me, Write, Blessed [are] they which are called unto the marriage supper of the Lamb. And he saith unto me, These are the true sayings of God.
En hy sê tot my, Skryf, Geseënd is hulle wat geroep is tot die huweliksmaal van die Lam. En hy sê tot my, Hierdie is die ware woorde van God.
10
And I fell at his feet to worship him. And he said unto me, See [thou do it] not: I am thy fellowservant, and of thy brethren that have the testimony of Jesus: worship God: for the testimony of Jesus is the spirit of prophecy.
En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid. En hy sê tot my, Sien toe dat jy dit nie doen nie: ek is jou mededienaar, en van jou broers wat die getuienis van Jesus het: aanbid God: want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.
11
And I saw heaven opened, and behold a white horse; and he that sat upon him [was] called Faithful and True, and in righteousness he doth judge and make war.
En ek het die hemel oop sien, en kyk ‚'n wit perd; en Hy wat daarop sit is genoem Getrou en Waaragtig, en in geregtigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog.
12
His eyes [were] as a flame of fire, and on his head [were] many crowns; and he had a name written, that no man knew, but he himself.
Sy oë was soos ’n vlam van vuur, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ’n Naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe Homself.
13
And he [was] clothed with a vesture dipped in blood: and his name is called The Word of God.
En Hy was gekleed met ‚'n kleed wat in bloed gedoop is: en sy Naam word genoem Die Woord van God.
14
And the armies [which were] in heaven followed him upon white horses, clothed in fine linen, white and clean.
En die leërs wat in die hemel was, het Hom gevolg op wit perde, gekleed in fyn linne, wit en rein.
15
And out of his mouth goeth a sharp sword, that with it he should smite the nations: and he shall rule them with a rod of iron: and he treadeth the winepress of the fierceness and wrath of Almighty God.
En uit sy mond gaan ‚'n skerp swaard, dat Hy daarmee die nasies mag tref: en Hy sal hulle regeer met ‚'n ysterstaf: en Hy trap die wynpers van die felheid en toorn van die Almagtige God.
16
And he hath on [his] vesture and on his thigh a name written, KING OF KINGS, AND LORD OF LORDS.
En Hy het op sy kleed en op sy dy ‚'n Naam geskrywe, KONING VAN DIE KONINGS, EN HERE VAN DIE HERE.
17
And I saw an angel standing in the sun; and he cried with a loud voice, saying to all the fowls that fly in the midst of heaven, Come and gather yourselves together unto the supper of the great God;
En ek het ’n engel sien staan in die son; en hy het met ’n groot stem uitgeroep, sê tot al die voëls wat in die midde van die hemel vlieg, Kom en versamel julle tot die aandete van die groot God;
18
That ye may eat the flesh of kings, and the flesh of captains, and the flesh of mighty men, and the flesh of horses, and of them that sit on them, and the flesh of all [men, both] free and bond, both small and great.
Dat julle die vlees van konings mag eet, en die vlees van owerstes, en die vlees van magtiges, en die vlees van perde, en van hulle wat daarop sit, en die vlees van alle mense, beide vry en dienskneg, beide klein en groot.
19
And I saw the beast, and the kings of the earth, and their armies, gathered together to make war against him that sat on the horse, and against his army.
En ek het die dier, en die konings van die aarde, en hulle leërs, sien versamel om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.
20
And the beast was taken, and with him the false prophet that wrought miracles before him, with which he deceived them that had received the mark of the beast, and them that worshipped his image. These both were cast alive into a lake of fire burning with brimstone.
En die dier is gegryp, en met hom die valse profeet wat wonders voor hom gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang het, en hulle wat sy beeld aanbid het. Hierdie albei is lewend in ‚'n poel van vuur brandende met swawel gegooi.
21
And the remnant were slain with the sword of him that sat upon the horse, which [sword] proceeded out of his mouth: and all the fowls were filled with their flesh.
En die res is omgebring met die swaard van Hom wat op die perd sit, wat uit sy mond uitgegaan het: en al die voëls is versadig met hulle vlees.