King James Version
AFR DVK
1
And I saw an angel come down from heaven, having the key of the bottomless pit and a great chain in his hand.
En ek het ‚'n engel uit die hemel sien afkom, hebbende die sleutel van die afgrond en ‚'n groot ketting in sy hand.
2
And he laid hold on the dragon, that old serpent, which is the Devil, and Satan, and bound him a thousand years,
En hy het die draak, daardie ou slang, wat is die Duiwel, en Satan, gegryp, en hom gebind ‚'n duisend jaar,
3
And cast him into the bottomless pit, and shut him up, and set a seal upon him, that he should deceive the nations no more, till the thousand years should be fulfilled: and after that he must be loosed a little season.
En hom in die afgrond gegooi, en hom toegesluit, en ’n seël op hom gesit, dat hy die nasies nie meer sou verlei nie, totdat die duisend jaar voleindig is: en daarna moet hy ’n klein tydjie losgelaat word.
4
And I saw thrones, and they sat upon them, and judgment was given unto them: and [I saw] the souls of them that were beheaded for the witness of Jesus, and for the word of God, and which had not worshipped the beast, neither his image, neither had received [his] mark upon their foreheads, or in their hands; and they lived and reigned with Christ a thousand years.
En ek het sitplekke gesien, en hulle het daarop gesit, en oordeel is aan hulle gegee: en ek het die siele gesien van hulle wat onthoof is om die getuienis van Jesus, en om die woord van God, en wat die dier nie aanbid het nie, nóg sy beeld, nóg sy merk op hulle voorhoofde, of in hulle hande ontvang het; en hulle het gelewe en geheers met Christus ’n duisend jaar.
5
But the rest of the dead lived not again until the thousand years were finished. This [is] the first resurrection.
Maar die res van die dooies het nie weer gelewe totdat die duisend jaar voleindig is nie. Dit is die eerste opstanding.
6
Blessed and holy [is] he that hath part in the first resurrection: on such the second death hath no power, but they shall be priests of God and of Christ, and shall reign with him a thousand years.
Geseënd en heilig is hy wat deel het in die eerste opstanding: oor hierdie het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees, en sal met Hom heers ’n duisend jaar.
7
And when the thousand years are expired, Satan shall be loosed out of his prison,
En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis losgelaat word,
8
And shall go out to deceive the nations which are in the four quarters of the earth, Gog and Magog, to gather them together to battle: the number of whom [is] as the sand of the sea.
En sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, Gog en Magog, om hulle tot die stryd te versamel: die getal van wie is soos die sand van die see.
9
And they went up on the breadth of the earth, and compassed the camp of the saints about, and the beloved city: and fire came down from God out of heaven, and devoured them.
En hulle het opgegaan oor die breedte van die aarde, en het die laer van die heiliges omsingel, en die geliefde stad: en vuur het van God uit die hemel neergekom, en hulle verteer.
10
And the devil that deceived them was cast into the lake of fire and brimstone, where the beast and the false prophet [are], and shall be tormented day and night for ever and ever.
En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gegooi, waar die dier en die valse profeet is, en sal dag en nag gepynig word tot in ewigheid.
11
And I saw a great white throne, and him that sat on it, from whose face the earth and the heaven fled away; and there was found no place for them.
En ek het ‚'n groot wit troon gesien, en Hom wat daarop sit, van wie se aangesig die aarde en die hemel gevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
12
And I saw the dead, small and great, stand before God; and the books were opened: and another book was opened, which is [the book] of life: and the dead were judged out of those things which were written in the books, according to their works.
En ek het die dooies, klein en groot, voor God sien staan; en die boeke is oopgemaak: en ‚'n ander boek is oopgemaak, wat is die boek van die lewe: en die dooies is geoordeel uit die dinge wat in die boeke geskrywe is, volgens hulle werke.
13
And the sea gave up the dead which were in it; and death and hell delivered up the dead which were in them: and they were judged every man according to their works.
En die see het die dooies wat in hom was gegee; en die dood en die hel het die dooies wat in hulle was gegee: en hulle is geoordeel elkeen volgens hulle werke.
14
And death and hell were cast into the lake of fire. This is the second death.
En die dood en die hel is in die poel van vuur gegooi. Dit is die tweede dood.
15
And whosoever was not found written in the book of life was cast into the lake of fire.
En elkeen wat nie in die boek van die lewe geskrywe gevind is nie, is in die poel van vuur gegooi.