← Openbaring 20 Openbaring — Revelation 21 Openbaring 22 →
King James Version
AFR DVK
1
And I saw a new heaven and a new earth: for the first heaven and the first earth were passed away; and there was no more sea.
En ek het ‚'n nuwe hemel en ‚'n nuwe aarde gesien: want die eerste hemel en die eerste aarde was verbygegaan; en daar was geen meer see nie.
2
And I John saw the holy city, new Jerusalem, coming down from God out of heaven, prepared as a bride adorned for her husband.
En ek Johannes het die heilige stad, nuwe Jérusalem, van God uit die hemel sien afkom, toeberei soos ’n bruid wat vir haar man versier is.
3
And I heard a great voice out of heaven saying, Behold, the tabernacle of God [is] with men, and he will dwell with them, and they shall be his people, and God himself shall be with them, [and be] their God.
En ek het ’n groot stem uit die hemel gehoor sê, Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees, en God self sal by hulle wees, en hulle God.
4
And God shall wipe away all tears from their eyes; and there shall be no more death, neither sorrow, nor crying, neither shall there be any more pain: for the former things are passed away.
En God sal alle trane van hulle oë afvee; en daar sal geen meer dood wees nie, nóg treur, nóg geskreeu, nóg pyn sal daar meer wees: want die vorige dinge is verbygegaan.
5
And he that sat upon the throne said, Behold, I make all things new. And he said unto me, Write: for these words are true and faithful.
En Hy wat op die troon sit het gesê, Kyk, ek maak alle dinge nuut. En Hy het tot my gesê, Skryf: want hierdie woorde is waaragtig en getrou.
6
And he said unto me, It is done. I am Alpha and Omega, the beginning and the end. I will give unto him that is athirst of the fountain of the water of life freely.
En Hy het tot my gesê, Dit is geskied. Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Ek sal aan hom wat dors het gee van die fontein van die water van die lewe verniet.
7
He that overcometh shall inherit all things; and I will be his God, and he shall be my son.
Hy wat oorwin sal alle dinge beërwe; en ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees.
8
But the fearful, and unbelieving, and the abominable, and murderers, and whoremongers, and sorcerers, and idolaters, and all liars, shall have their part in the lake which burneth with fire and brimstone: which is the second death.
Maar die vreesagtiges, en ongelowiges, en die verfoeilikes, en moordenaars, en hoereerders, en towenaars, en afgodedienaars, en alle leuenaars, sal hulle deel hê in die poel wat met vuur en swawel brand: wat is die tweede dood.
9
And there came unto me one of the seven angels which had the seven vials full of the seven last plagues, and talked with me, saying, Come hither, I will shew thee the bride, the Lamb’s wife.
En daar het tot my gekom een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het vol van die sewe laaste plae, en het met my gespreek, sê, Kom hierheen, ek sal jou die bruid, die vrou van die Lam, toon.
10
And he carried me away in the spirit to a great and high mountain, and shewed me that great city, the holy Jerusalem, descending out of heaven from God,
En hy het my in die gees weggevoer na ’n groot en hoë berg, en het my daardie groot stad, die heilige Jérusalem, getoon, wat van God uit die hemel afkom,
11
Having the glory of God: and her light [was] like unto a stone most precious, even like a jasper stone, clear as crystal;
Hebbende die heerlikheid van God: en haar lig was soos ‚'n baie kosbare steen, soos ‚'n jaspissteen, helder soos kristal;
12
And had a wall great and high, [and] had twelve gates, and at the gates twelve angels, and names written thereon, which are [the names] of the twelve tribes of the children of Israel:
En het ’n groot en hoë muur gehad, en het twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, wat is die name van die twaalf stamme van die kinders van Israel:
13
On the east three gates; on the north three gates; on the south three gates; and on the west three gates.
Aan die ooste drie poorte; aan die noorde drie poorte; aan die suide drie poorte; en aan die weste drie poorte.
14
And the wall of the city had twelve foundations, and in them the names of the twelve apostles of the Lamb.
En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en in hulle die name van die twaalf apostels van die Lam.
15
And he that talked with me had a golden reed to measure the city, and the gates thereof, and the wall thereof.
En hy wat met my gespreek het het ‚'n goue riet gehad om die stad te meet, en die poorte daarvan, en die muur daarvan.
16
And the city lieth foursquare, and the length is as large as the breadth: and he measured the city with the reed, twelve thousand furlongs. The length and the breadth and the height of it are equal.
En die stad lê vierkantig, en die lengte is so groot soos die breedte: en hy het die stad met die riet gemeet, twaalf duisend stadie. Die lengte en die breedte en die hoogte daarvan is gelyk.
17
And he measured the wall thereof, an hundred [and] forty [and] four cubits, [according to] the measure of a man, that is, of the angel.
En hy het die muur daarvan gemeet, ‚'n honderd vier en veertig elm, volgens die maat van ‚'n mens, dit is, van die engel.
18
And the building of the wall of it was [of] jasper: and the city [was] pure gold, like unto clear glass.
En die bou van haar muur was van jaspis: en die stad was rein goud, soos helder glas.
19
And the foundations of the wall of the city [were] garnished with all manner of precious stones. The first foundation [was] jasper; the second, sapphire; the third, a chalcedony; the fourth, an emerald;
En die fondamente van die muur van die stad was versier met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis; die tweede, saffier; die derde, ‚'n chalcedon; die vierde, ‚'n smarag;
20
The fifth, sardonyx; the sixth, sardius; the seventh, chrysolite; the eighth, beryl; the ninth, a topaz; the tenth, a chrysoprasus; the eleventh, a jacinth; the twelfth, an amethyst.
Die vyfde, sardóniks; die sesde, sardius; die sewende, chrisoliet; die agtste, beril; die negende, ’n topaas; die tiende, ’n chrisopraas; die elfde, ’n jacin; die twaalfde, ’n ametis.
21
And the twelve gates [were] twelve pearls; every several gate was of one pearl: and the street of the city [was] pure gold, as it were transparent glass.
En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elke poort was van een pêrel: en die straat van die stad was rein goud, soos deursigtige glas.
22
And I saw no temple therein: for the Lord God Almighty and the Lamb are the temple of it.
En ek het geen tempel daarin gesien nie: want die Here God Almagtig en die Lam is die tempel daarvan.
23
And the city had no need of the sun, neither of the moon, to shine in it: for the glory of God did lighten it, and the Lamb [is] the light thereof.
En die stad het geen son of maan nodig om daarin te skyn nie: want die heerlikheid van God het dit verlig, en die Lam is die lig daarvan.
24
And the nations of them which are saved shall walk in the light of it: and the kings of the earth do bring their glory and honour into it.
En die nasies van die wat gered word sal in die lig daarvan wandel: en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.
25
And the gates of it shall not be shut at all by day: for there shall be no night there.
En die poorte daarvan sal glad nie toe wees bedags nie: want daar sal geen nag daar wees nie.
26
And they shall bring the glory and honour of the nations into it.
En hulle sal die heerlikheid en eer van die nasies daarin bring.
27
And there shall in no wise enter into it any thing that defileth, neither [whatsoever] worketh abomination, or [maketh] a lie: but they which are written in the Lamb’s book of life.
En daar sal geensins in haar ingaan enigiets wat verontreinig, of werk gruwels, of ‚'n leuen nie: maar hulle wat geskrywe is in die Lam se boek van die lewe.