← Romeine 4 Romeine — Romans 5 Romeine 6 →
King James Version
AFR DVK
1
Therefore being justified by faith, we have peace with God through our Lord Jesus Christ:
Daarom, omdat ons uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus:
2
By whom also we have access by faith into this grace wherein we stand, and rejoice in hope of the glory of God.
Deur wie ons ook toegang het deur die geloof tot hierdie genade waarin ons staan, en roem in die hoop van die heerlikheid van God.
3
And not only [so], but we glory in tribulations also: knowing that tribulation worketh patience;
En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in verdrukkinge: wetende dat die verdrukking volharding werk;
4
And patience, experience; and experience, hope:
En die volharding ervaring; en die ervaring hoop:
5
And hope maketh not ashamed; because the love of God is shed abroad in our hearts by the Holy Ghost which is given unto us.
En die hoop maak nie beskaamd nie; omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
6
For when we were yet without strength, in due time Christ died for the ungodly.
Want toe ons nog sonder krag was, het Christus in die regte tyd vir die goddeloses gesterwe.
7
For scarcely for a righteous man will one die: yet peradventure for a good man some would even dare to die.
Want skaars sal iemand vir ‚'n regverdige sterwe: tog miskien sou iemand vir ‚'n goeie man waag om te sterwe.
8
But God commendeth his love toward us, in that, while we were yet sinners, Christ died for us.
Maar God bewys sy liefde teenoor ons, in dat, terwyl ons nog sondaars was, Christus vir ons gesterwe het.
9
Much more then, being now justified by his blood, we shall be saved from wrath through him.
Baie te meer dan, omdat ons nou deur sy bloed geregverdig is, sal ons deur Hom van die toorn gered word.
10
For if, when we were enemies, we were reconciled to God by the death of his Son, much more, being reconciled, we shall be saved by his life.
Want as, toe ons vyande was, ons met God versoen is deur die dood van sy Seun, baie te meer, omdat ons versoen is, sal ons gered word deur sy lewe.
11
And not only [so], but we also joy in God through our Lord Jesus Christ, by whom we have now received the atonement.
En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.
12
Wherefore, as by one man sin entered into the world, and death by sin; and so death passed upon all men, for that all have sinned:
Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het, en die dood deur die sonde; en so is die dood op alle mense oorgegaan, omdat almal gesondig het:
13
(For until the law sin was in the world: but sin is not imputed when there is no law.
(Want tot die wet was die sonde in die wêreld: maar die sonde word nie toegereken waar daar geen wet is nie.
14
Nevertheless death reigned from Adam to Moses, even over them that had not sinned after the similitude of Adam’s transgression, who is the figure of him that was to come.
Nietemin het die dood van Adam af tot Moses geheers, selfs oor hulle wat nie gesondig het volgens die gelykenis van Adam se oortreding nie, wat die beeld is van Hom wat sou kom.
15
But not as the offence, so also [is] the free gift. For if through the offence of one many be dead, much more the grace of God, and the gift by grace, [which is] by one man, Jesus Christ, hath abounded unto many.
Maar nie soos die oortreding, so ook is die gawe nie. Want as deur die oortreding van die een baie gesterwe het, baie te meer het die genade van God, en die gawe deur genade, wat is deur een mens, Jesus Christus, oor baie oorvloedig geword.
16
And not as [it was] by one that sinned, [so is] the gift: for the judgment [was] by one to condemnation, but the free gift [is] of many offences unto justification.
En nie soos dit was deur een wat gesondig het, so is die gawe nie: want die oordeel was van een tot veroordeling, maar die gawe is van baie oortredinge tot regverdigmaking.
17
For if by one man’s offence death reigned by one; much more they which receive abundance of grace and of the gift of righteousness shall reign in life by one, Jesus Christ.)
Want as deur die oortreding van die een die dood geheers het deur die een; baie te meer sal dié wat die oorvloed van genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Een, Jesus Christus.)
18
Therefore as by the offence of one [judgment came] upon all men to condemnation; even so by the righteousness of one [the free gift came] upon all men unto justification of life.
Daarom soos deur die oortreding van die een die oordeel tot al die mense gekom het tot veroordeling; so ook deur die geregtigheid van die Een die gawe tot al die mense gekom het tot regverdigmaking van die lewe.
19
For as by one man’s disobedience many were made sinners, so by the obedience of one shall many be made righteous.
Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie as sondaars gestel is, so ook deur die gehoorsaamheid van die Een sal baie as regverdiges gestel word.
20
Moreover the law entered, that the offence might abound. But where sin abounded, grace did much more abound:
Bowendien het die wet bygekom, dat die oortreding mag toeneem. Maar waar die sonde toegeneem het, het die genade nog veel meer oorvloedig geword:
21
That as sin hath reigned unto death, even so might grace reign through righteousness unto eternal life by Jesus Christ our Lord.
Dat soos die sonde geheers het tot die dood, so ook die genade mag heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus onse Here.