← Sagaria 4 Sagaria — Zechariah 5 Sagaria 6 →
King James Version
AFR DVK
1
Then I turned, and lifted up mine eyes, and looked, and behold a flying roll.
Toe het ek weer my oë opgehef, en gekyk, en kyk ’n vlieënde boekrol.
2
And he said unto me, What seest thou? And I answered, I see a flying roll; the length thereof [is] twenty cubits, and the breadth thereof ten cubits.
En hy het tot my gesê, Wat sien jy? En ek het geantwoord, Ek sien ’n vlieënde boekrol; die lengte daarvan is twintig el, en die breedte daarvan tien el.
3
Then said he unto me, This [is] the curse that goeth forth over the face of the whole earth: for every one that stealeth shall be cut off [as] on this side according to it; and every one that sweareth shall be cut off [as] on that side according to it.
Toe het hy tot my gesê, Dit is die vloek wat uitgaan oor die aangesig van die hele aarde: want elkeen wat steel, sal volgens dit aan hierdie sy afgesny word; en elkeen wat sweer, sal volgens dit aan daardie sy afgesny word.
4
I will bring it forth, saith the LORD of hosts, and it shall enter into the house of the thief, and into the house of him that sweareth falsely by my name: and it shall remain in the midst of his house, and shall consume it with the timber thereof and the stones thereof.
Ek sal dit uitbring, sê die HERE van leërskare, en dit sal in die huis van die dief ingaan, en in die huis van hom wat vals by my Naam sweer: en dit sal in die midde van sy huis bly, en dit verteer met die hout daarvan en die klippe daarvan.
5
Then the angel that talked with me went forth, and said unto me, Lift up now thine eyes, and see what [is] this that goeth forth.
Toe het die engel uitgegaan wat met my gespreek het, en tot my gesê, Hef nou jou oë op, en kyk wat is dit wat uitgaan.
6
And I said, What [is] it? And he said, This [is] an ephah that goeth forth. He said moreover, This [is] their resemblance through all the earth.
En ek het gesê, Wat is dit? En hy het gesê, Dit is ’n efa wat uitgaan. Hy het verder gesê, Dit is hulle aangesig deur die hele aarde.
7
And, behold, there was lifted up a talent of lead: and this [is] a woman that sitteth in the midst of the ephah.
En kyk, daar is ‚'n talent lood opgelig: en dit is ‚'n vrou wat in die midde van die efa sit.
8
And he said, This [is] wickedness. And he cast it into the midst of the ephah; and he cast the weight of lead upon the mouth thereof.
En hy het gesê, Dit is goddeloosheid. En hy het haar in die midde van die efa gewerp; en hy het die gewig van lood op die mond daarvan gewerp.
9
Then lifted I up mine eyes, and looked, and, behold, there came out two women, and the wind [was] in their wings; for they had wings like the wings of a stork: and they lifted up the ephah between the earth and the heaven.
Toe het ek my oë opgehef, en gekyk, en kyk, daar het twee vroue uitgegaan, en die wind was in hulle vlerke; want hulle het vlerke gehad soos die vlerke van ’n ooievaar: en hulle het die efa tussen die aarde en die hemel opgelig.
10
Then said I to the angel that talked with me, Whither do these bear the ephah?
Toe het ek tot die engel gesê wat met my gespreek het, Waarheen bring hulle die efa?
11
And he said unto me, To build it an house in the land of Shinar: and it shall be established, and set there upon her own base.
En hy het tot my gesê, Om vir haar ’n huis in die land van Sinar te bou: en dit sal gevestig word, en daar gesit word op haar eie basis.